Skip to main content
Maak Kontak
BOK.I implement in die land

Ons Storie

BOK.I werkswinkel

Bok Implemente is n eienaar-bestuurde besigheid en het ontstaan deur n passie vir landbou en landbou meganisasie. Ons ontwerp en vervaardig implemente tot perfeksie om die meganisering van landbou te vergemaklik.

Ons gebruik moderne tegnologie vir die vervaardiging en bly op hoogte met die nuutste verwikkeling en aanvraag in die veld vir top gehalte produkte.

Gesamentlik het ons 30 jaar se ontwerp en vervaardiging ondervinding en leef ons passie vir vernuwing en verbetering uit om in ons kliƫnte se veranderende behoeftes te voldoen.

Maak kontak met ons

PRODUKTE

KD Reeks

Saadbed voorbereiding in konvensionele en minimum bewerking praktyke. Stoppel bewerking in oes reste. Inwerking van kunsmis. Effektiewe onkruid beheer. Uitstekende grond vermenging in die suurstof sone.

Lees meer

IR Reeks

Die Inlyn Skeurploeg bied maksimum deurbreuk van verdigtings lae in minimum bewerkings praktyke, sonder om grondstruktuur totaal te vernietig. Bo-grond en materiaal word tot die minimum versteur.

Lees meer

Turbo Jet Reeks

Vir die saai van voer en dekgewasse. Kan geintegreerd met BOK.I reeks implemente of afsonderlik gemonteer word op boer se bestaande implemente.

Lees meer

Spread Reeks

‘n Koste effektiewe metode vir die saai van dekgewasse en voer, of die uitstrooi van ongedierte beheer middels.

Lees meer