KD Reeks
GEBRUIKE VAN BOK.I KD REEKS:
Saadbed voorbereiding in konvensionele en minimum bewerking praktyke. Stoppel bewerking in oes reste. Inwerking van kunsmis. Effektiewe onkruid beheer. Uitstekende grond vermenging in die suurstof sone.
Kenmerke:
- Stewige, moderne konstruksie.
- Uitstekende vakmanskap.
- Lae onderhoud.
- Hoë werk spoed – van 8km/h tot 16km/h.
- Lae diesel verbruik.
- Lae totale implement koste per hektaar.
- Rubber gemonteerde veerbelading – sorg vir egalige grond kontak en beskerm skottels teen skade.
- Onderhouds vrye geseëlde SKF laers, hoë betroubaarheid.
- Swaardiens rollers vir goeie konsolidasie van grond.
- Standaard met 21" 6mm skottels – 21" skottels verskaf ‘n goeie balans tussen hoë rotasie vir beter grond en materiaal vermenging, penetrasie vermoë en lang leeftyd.
- 2m tot 8m beskikbaar in driepunt, sleep, vaste raam en opvou modelle.














